Dag 4 van @afriforum se hofsaak teen onteiening sonder vergoeding: AfriForum se stryd om die Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar, duur vandag voort. President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger het gistermiddag begin met sy betoog om die onverdedigbare R0-vergoeding te probeer verdedig. Hoewel dit ’n logiese gevolgtrekking is, het dit lank geneem voordat die president se regsverteenwoordiger uiteindelik erken het dat nul wel niks beteken. Die president se regsverteenwoordiger sit vanoggend sy betoog voort. Dag 1, 2 en 3 se hofverrigtinge, wat volledig deur @AfriForumTV opgeneem is, is reeds op AfriForum se YouTube-kanaal beskikbaar. Vandag se verrigtinge sal vanaand opgelaai word. Besoek https://t.co/mFsh4XG52B om jou steun vir AfriForum se hofsaak te wys. #Onteiening #AfriForum #Grondwet