BETA nonprofit public democratic european moderated

Search

#AfriForum

Majodina moet haar tasse pak ná uitbarsting teenoor gemeenskapslid – AfriForum https://t.co/cBPmOrlMJC #gemeenskap #AfriForum #nuus

Kallie Kriel Aug 16

AfriForum dien minagtingsklag in teen Malema, EFF oor volgehoue aanhitsing tot grondbesetting: @afriforum het vandeesweek ’n aansoek om minagting van die hof teen die EFF en die party se leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die aansoek volg op die EFF en Malema se hernude oproepe tot onwettige grondbesetting, ondanks ’n hofbevel wat AfriForum in 2017 bekom het wat hulle verbied om enige dergelike oproepe te maak. AfriForum vra in sy jongste hofaansoek dat Malema en die EFF aan minagting van die hof skuldig bevind word en dat Malema ’n boete van R500 000 en gevangenisstraf van 18 maande, of ’n ander gepaste sanksie, opgelê word. AfriForum se aansoek om minagting van die hof volg op ’n hofbevel wat op 7 Maart 2017 in AfriForum se guns uitgereik en op die EFF en Malema beteken is. Dié bevel verbied die EFF en Malema om enige persoon aan te hits, aan te moedig, te beveel of te werf om grond sonder die nodige toestemming van die eienaar of wettige bewoner te betree. Sedertdien het die EFF en Malema verskeie onsuksesvolle pogings aangewend om die bevel tersyde te laat stel. Kostebevele is in dié uitsprake in AfriForum se guns gegee. Die party en sy leier het hulle uiteindelik tot die Konstitusionele Hof en die Hoogste Hof van Appèl gewend. Die aansoek by die Konstitusionele Hof is in Maart 2023 van die hand gewys, waarna die aansoek by die Hoogste Hof van Appèl in Junie daardie jaar ook misluk het. ’n Tweede poging om die bevel by die Konstitusionele Hof tersyde te laat stel, is ook in September 2023 van die hand gewys. #Grondbesetting #Malema #AfriForum

Kallie Kriel Aug 6

Dag 4 van @afriforum se hofsaak teen onteiening sonder vergoeding: AfriForum se stryd om die Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar, duur vandag voort. President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger het gistermiddag begin met sy betoog om die onverdedigbare R0-vergoeding te probeer verdedig. Hoewel dit ’n logiese gevolgtrekking is, het dit lank geneem voordat die president se regsverteenwoordiger uiteindelik erken het dat nul wel niks beteken. Die president se regsverteenwoordiger sit vanoggend sy betoog voort. Dag 1, 2 en 3 se hofverrigtinge, wat volledig deur @AfriForumTV opgeneem is, is reeds op AfriForum se YouTube-kanaal beskikbaar. Vandag se verrigtinge sal vanaand opgelaai word. Besoek https://t.co/mFsh4XG52B om jou steun vir AfriForum se hofsaak te wys. #Onteiening #AfriForum #Grondwet

AfriForum Jul 15

Die parlement eis ’n dringende ondersoek oor Bokkieweek. Die voorsitter van die parlement se komitee oor onderwys, wetenskappe en kreatiewe bedrywe, Makhi Feni, het die departement van basiese onderwys versoek om die omstandighede rondom die Bokkieweek te ondersoek. Dit nadat News24 berig het dat ’n geleentheid soos die Bokkieweek 'n rassistiese nalatenskap van apartheid is. Met die Bokkieweek-toernooie glo @AfriForum dat ’n gemeenskap wat in sy jeug belê, in sy toekoms belê. Bokkieweek bly getrou aan sy roeping om die Afrikanerjeug deur sport te dien; om aan hulle die geleentheid te bied om hul talente te ontwikkel, sport te geniet en hul taal, kultuur en waardes met trots uit te leef. #Bokkieweek #Onderwys #Sport

AfriForum Jun 19

.@afriforumjeug VS EFF op Jeugdag. EFF misbruik jou belastinggeld. STOP die wanbesteding. - https://t.co/S06qup3UVW .@AfriForum bestempel ’n amptelike kennisgewing van die Tshwane-metro deur die EFF-raadslid Obakeng Ramabodu vir die opruiming van die Uniegebou in Pretoria na afloop van gister se “suksesvolle openbare EEF-funksie” as ’n blatante misbruik van die metro se hulpbronne vir partypolitieke doeleindes. Die organisasie eis nou dringende antwoorde van die metro hieroor. #EFF #AfriForum #Tshwane